Gemini 8

Gemini besig om te dok met die Agena

Gemini 8 (amptelik Gemini VIII)[1] was die sesde bemande ruimtevlug van NASA se Gemini-program. Dit is op 16 Maart 1966 gelanseer en was die 14de bemande Amerikaanse ruimtevlug en die 22ste bemande ruimtevlug van alle tye. [nota 1] Tydens dié sending is daar vir die eerste keer met 'n ander ruimtetuig gedok terwyl altwee ruimtetuie in 'n wentelbaan was. Dit is ook die eerste Amerikaanse ruimtesending wat 'n kritiese faling in die ruimte ondervind het en die bemanning se lewe in gevaar gestel het. Die sending moes derhalwe verkort word as gevolg daarvan, maar die bemanning het die aarde veilig bereik.

Die bemanning was Neil Armstrong (bevelvoerder) en David Scott. Dit was die eerste keer dat gewone Amerikaanse burgers (nie-militêre personeel) in 'n wentelbaan om die aarde geplaas is.

Armstrong het sy kommissie in die Amerikaanse Reserwevlootmag in 1960 bedank. Sy vlug was die tweede keer dat 'n Amerikaanse burger die ruimte in gevlieg het (na Joe Walker op X-15 Vlug 90),[2][3][lower-alpha 1] en die eerste keer dat 'n Amerikaanse burger in 'n wentelbaan gevlieg het.

  1. Hacker, Barton C.; Grimwood, James M. (September 1974). "Chapter 11 Pillars of Confidence". On the Shoulders of Titans: A History of Project Gemini. NASA History Series. Vol. SP-4203. NASA. p. 239. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2010. Besoek op 14 Junie 2022. Vanaf Gemini IV, het NASA Romeinse syfers begin gebruik om die Gemini sendingname aan te dui.
  2. "Civilians in Space".
  3. "Space.com Joseph A Walker". space.com. 27 November 2006.
  4. "Valentina Vladimirovna Tereshkova". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2011. Besoek op 4 Mei 2010.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found
Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "lower-alpha", but no corresponding <references group="lower-alpha"/> tag was found


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy